Comments Off

ABORSIE – deur Kallie Schwindt

2010
02.24

Inleiding:

Die woord aborsie kom nie in die Bybel voor nie, maar ʼn mens kan beslis ʼn beeld vorm oor wat God van aborsie sê. Die Woord van God sê dat alle mense en dit bedoel almal en nie net gelowiges nie, is deel van die beeld van God en dit is ook waarom moord en aborsie verkeerd is soos gesien in (Gen 6:9) (Ps 139:13-16) (Jak 3:9) Die profeet Jeremia sê in (Jer1:5) “Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel”. Paulus sê ook in (Ef 1:4) (Gal 1:15-16) dat hy reeds voor geboorte gekies is. In die Ou Testament (Gen 25:22-27) kan gelees word van die voorgeboorteverhaal van Jakob en Esau, hoe hulle in hul moederskoot baklei het en hoe hulle later met groot konflik geleef het.

Net God kan lewe gee, die mens skep net lewe hetsy willens of wetens of per ongeluk. Daar is geen Bybelse oortuiging, of teologiese, fisiologiese, of mediese of enige ander bewys om die steuning van die siening dat die mens se lewe in werklikheid op die een of ander spesefieke tyd gedurende die vrou se swangerskap van nege maande tussen bevrugting of geboorte begin. Derhalwe is aborsie ʼn oortreding van die gebod. “Jy mag nie moord pleeg nie.” (Eks 20:13) (Deut 5:17) (Luk 18:20) Lewe begin reeds wanneer die manlike saad die vroulike eiersel bevrug en die kind se genetiese samestelling, geslag, of hy/sy lank of kort is, watter kleur hare hy/sy gaan hê, word daar en dan vasgelê. Elizabeth het in (Luk 1:43) gesê toe Jesus in sy moeder se skoot gelê het net nadat sy swanger geword het, Hom “my Here” genoem. Johannes die Doper het “van vreugde gespring” en is met die Heilige Gees vervul toe hy nog in sy moeder se skoot was (Luk 1:44) Dus kan ʼn fetus van die begin af gedefineer word as mens. God skep die mens se gees alreeds regstreeks by die bevrugting en skep die mens as Sy beeld.

In (Lev 18:21) staan: “Jy mag nie een van jou kinders wy aan Molek en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die Here.” Molek, in die Ou Vertaling genoem Molog was destyds die Kanaänitiese god van vuur aan wie kinders geoffer is. God het die Israelitiese volk gewaarsku om hierdie Molek te vermy. Maar die moderne mens offer nog steeds hul kinders aan die gode van ons samelewing, deur middel van aborsies. Eindelik is dit niks anders as ʼn moderne offering aan Molek nie. Hierdie vorm van selfdiens mag dalk nie ʼn doelbewuste afgodery wees nie, maar die demoniese magte is baie bly oor aborsies en sien dit as ʼn daad waardeur hulle hul mag kan bevorder.

Die Christenvrou is in Christus ewig met God verbind en daarom kan ons Hemelse Vader nie buite rekening gelaat word nie. Al is die Christenvrou vry om besluite te neem is elke vrou tog veronderstel om gehoorsaam te wees aan God se keuse en dit is om nie te doen wat ek as mens sou kies nie, maar om te doen soos Hy my gekies het, lei. Lewe begin nie wanneer die kind gebore is nie, maar begin reeds nadat bevrugting plaasgevind het.

In die Griekse Roomse tydperk (Nuwe Testamentiese tydperk) het aborsies gereeld voorgekom, alhoewel dit nie die goedkeuring van die denkers, skrifgeleerders en filosowe van daardie era weggedra het nie. Een van die bekendste gevalle van aborsie uit daardie era was toe die Roomse keiser Domintainus sy niggie Julia verlei het, swanger gemaak het en haar toe geforseer het om ʼn aborsie te ondergaan. Julia het toe as gevolg van die aborsie gesterf. In die Joodse asook Christelike godsdiens is aborsie totaal verbied en word as moord beskou.

Definisie:

Die woord aborsie as ʼn selfstandige naamwoord word in die HAT gedefineer as ʼn ontydige geboorte, voordat die fetus geboorteryp is; in die omgang meestal gebruik vir kunsmatige opgewekte miskraam, ook genoem vrugafdrywing, swangerskapbeëndiging of abortus. Aborsie is met ander woorde die inmenging van buite tydens die periode tussen bevrugting en geboorte wat die geboorte van ʼn lewende kind verhoed.

Terapeutiese aborsie is aborsie wat teweeg gebring is omdat dit in belang van die pasiënt se geestelike en of liggaamlike welsyn is.

Die internationale definisie van aborsie is die beëndiging van swangerskap in die uterus voor die 28 ste week, maar hierdie definisie bly ʼn aanvegbare punt. Die volgende proses word dan “kraam” genoem omdat die fetus volgens die medici lewensvatbaar is. Die Suid Afrikaanse definisie het twee weke minder (26 weke) volgens die Aborsie – en Sterilisasiewet van 1975 (Wet no 2 van 1975) Die regering gee toestemming dat ʼn vrou haar swangerskap mag beëndig tydens haar eerste 12 weke.

Aborsie vanaf die Bybelse tye:

Reeds vanaf voor Jesus se geboorte is daar geskrifte waarop aborsies aangeteken is. Aristotelis (384-322 v C), Filo van Alexanderië, Barnabas en Terullianus (160-202 n C) het die aborsie probleem aangeraak. Ongeveer die 4 de eeu na Christus , het die Sinode van Elvira wat in Spanje gehou is, aborsies ten sterkste veroordeel. Die metodes wat destyds gebruik was stem grootliks ooreen deur die eeue sê die antropoloog George Devereux van Kanada in sy boek “Abortion in law, history & religion. Daar is ook besluit in 314 n C tydens die Sinode van Ancyra dat aborsies ten sterkste veroordeel word. Hieronimus Florentinius (317-420 n C) het destyds gesê dat alle fetusse wat gevaar staan om geaborteer word, gedoop moes word sodat sy of haar siel gered kon word.

Groot debatte is ook in die jare 354 – 430 n.C gevoer oor aborsies. St. Augstien en ander vroeë Christen-teoloë het destyds vas geglo dat siel die fetus betrek eers 40 dae na dat bevrugting plaasgevind het in die geval van ʼn seun en in die geval van ʼn dogter glo 80 dae na bevrugting. Voor hierdie staduims is die beëndiging van ʼn swangerskap nie as aborsie gesien nie. Die enigste verskil is hoe hulle destyds bepaal het of die fetus ʼn seun of ʼn dogter was, bly ʼn raaisel want dit word nie genoem nie.

Vanaf die 4 de eeu tot ongeveer die 17 de eeu het die aborsie standpunt wêreldwyd begin verander en het verfyning ondergaan. Skielik word die beïndiging van vroeë swanger-skappe nie as moord beskou nie en het sekere kerkvaders meer en meer liberale stand-punte teenoor abosies geneem. Die Katolieke Pous, Pous Innocent 111 wat in die in die 13 de eeu geleef het, het aborsie gedefineer as ʼn vernietiging van ʼn potensiële lewe. Die Roomse Katolieke Kerk se geskrewe siening was gerig op die ongebore baba se beweging in die fetus in die baarmoeder. Die eerste fladdering van lewe (In Engels – quickening) was destyds die maatstaf. Voordat daar beweging waargeneem was, was aborsie as ʼn mindere sonde aanvaar, maar daarna word dit gereken as manslag wat ʼn hul oë ʼn ernstiger sonde was. Die eerste fladdering (beweging) van lewe is in die 15 de eeu amptelik op 116 dae (17 weke) deur Pous Gregory XIV bepaal en hy het in die jaar 1591 dit as ʼn beleid aanvaar dat vroeë aborsies nie gronde was vir verbanning uit die kerk uit nie. Die beleid was tot die jaar 1869 van krag. Hierdie verandering in 1869 was eindelik polities van aard volgens die verslag van die Kingston Woman Centre in Engeland.

In die jaar 1588 het nog ʼn Katolieke Pous, Pous Sixtus V, enige vorm van aborsie veroordeel, in enige stadium van ʼn vrou se swangerskap en het hy selfs die doodstaf aanbeveel vir diegene wat dit doen. Pous Pius IX het destyds (1869) verklaar dat aborsie in enige staduim verbanning uit die kerk sou beteken. Die rede was neergelê was, was die oortuiging dat die siel reeds die liggaam betrek het tydens bevrugting.

Vanaf die 17 de eeu tot ongeveer die 19 de eeu is daar wêreldwyd in kerklike asook in mediese kringe eenstemmigheid bereik oor die swanger vrou se fetus. Dit word toe nie meer gesien as net biologiese vloeistowwe en vlees nie, maar word die status ook gesien van die draer van die ongebore siel. Verder aan, in die 20 ste eeu word aborsie verder ingedeel. Eerstens is daar die sogenaamde pro-keusegroep (hulle is die voorstanders van die vrou se reg om self oor aborsie te besluit) en tweedens die pro-lewensgroep, (vir hulle is die lewensreg van die ongebore fetus onaantasbaar.)

Pous Pius se reaksie was gesien as die eerste teenvoeter vir geboortebeperkings, wat toe destyds sterk voorgestaan is in lande soos Frankryk en dit het die katolieke Kerk se lidmate kwaai laat daal. Die Vatikaanstad se getalle het byvoorbeeld gedurende die jare 1848 tot 1870 gekrimp tot amper ʼn derde van ie hele Italiaanse bevolking tot wat dit vandag is.

Kerk en ander gelowe sienings:

Die meeste kerke uit die Rooms-Katolieke, Protestantse, Pinkster en Charismaties geledere is gekant teen aanvraag op aborsie, maar sommige kerke soos byvoorbeeld die United Church of Christ van Amerika en in Kanada respekteer die vrou se reg en besluit rondom die ongebore baba en aborsie.

Die meeste Ortodokse (Ou Testamentiese kerke) kerke en Jode is sterk gekant teen aborsies. Al is daar ʼn ongebore baba tydens bloedskande of verkragting. Maar binne die Joodse geloof (Judistiese geloof) is daar weer standpunte van ʼn verskeidenheid waar swanger vroue die reg het om keuses te maak.

Swanger vroue uit die Boedistiese geledere moet die bepaalde situasie waarin sy haar bevind, bepalend vir haar self besluit. Boeddhiste glo dat die siel van die geaborteerde fetus terugkeer na waar ander siele is todat daardie siel weer gereed is om in ʼn ander liggaam gebore kan word. Derhalwe word aborsie deur Boeddhiste nie gesien as moord nie, maar net as die lot van die siel.

Swanger vroue uit die Islam geloof kan slegs aborsies ondergaan wanneer hul lewens bedreig word, maar ook hulle veroordeel aborsies ten sterkste.

Hindonisme (meestal uit Indiese afkoms) weer aanvaar aborsies in geval van verkragting, bloedskande of wanneer die vrou se lewe in gevaar is.

Die reg en aborsie:

Regstappe is in die vroeë eeue nie geneem nie grootliks omdat godsdienstige oortuigings die reg beïnvloed het. Die eerste regsaak is opgeteken in Engeland in die jaar 1670 waar die vraag was of ʼn vrugafdrywer skuldig aan moord sou wees indien die vrou tot sterwe kom vanweë die prosedure. Die regter het destyds bevind dat dit wel moord sou wees, maar van die fetus word niks gemeld nie.

In die jaar 1803 is die eerste wet amptelik op papier geplaas in Engeland op aborsie, geregverdig op grond daarvan dat dit vroue sou beskerm teen die gevaarlike aborsietegnieke destyds. Destyds was veelvuldige geboortes die grootste oorsaak van sterftes onder vroue naas turberkulose. Vrou het destyds begin vrees vir hul gesondheid en kon nie soveel geboortes hanteer nie en die gevolg was ʼn wegkeer of weerhouding van maritale seks.

In Kanada is aborsie weer strafbaar gemaak met lewenslange tronkstraf in 1869. Kanada se wet was op die Engelse wet geskoei. Maar ten spyte van die tronkstraf het Protestantse vroue uit die middel en hoër klas steeds aborsie gebruik om geboortebeperkings toe te pas. In die jaar 1892 het Amerika Kanada se voorbeeld gevolg met ʼn wet wat voorbehoeding onwettig verklaar het. Maar die Amerikaanse vroue het destyds geglo dat aborsies voor die eerste fladdering regverdigbaar sou wees en het desperaat dit gedoen om hul gesinsgroei te beperk. Afrika en Asie het jare later met hul wetgewings daarby ingeval.

Die wetgewing in ons land:

Adrio König sê in sy boek Wat is reg? Weet iemand dalk? dat in Suid Afrika word aborsie onder sekere voorwaardes toegelaat.

  • Binne die eerste 12 weke ná bevrugting kan ʼn vrou aborsie op versoek kry.
  • Van die 13 de tot die 20 ste week mag sy net onder sekere voorwaardes ʼn aborsie ondergaan, naamlik:

    1. As haar swangerskapgevaar inhou vir haar geestelike of geestesgesondheid;
    2. As die fetus aan ʼn erge liggaamlike of geestesabnormaliteit lei;
    3. As die vrou verkrag, of bloedskande gepleeg is;
    4. As die voortsetting van die swangerskap ernstige sosiale of ekonomiese gevolge vir die vrou sal inhou.
  • Na die 20 ste week mag sy die fetus laat aborteer, mits die voorgang van die swangerskap:

    1. Die lewe van die vrou in gevaar stel;
    2. Die fetus erg misvorm of benadeel sal laat.

Verder is daar ook bepalings oor wie die toestemming mag gee, wie die aborsie mag uitvoer, en waar dit gedoen moet word. Vroue wat nie ʼn aborsie wil hê nie, wart verkies om aan te hou met die swangerskap, word nie eur die wet geraak nie.

Die wet maak ʼn onderskeid tussen drie fases van swangerskap. Gedurende die eerste 12 weke kan die vrou alleem besluit of sy ʼn aborsie wil hê. Tussen 13 en 20 weke moet daar redes voor wees, soos haar eie welstand of dié van die fetus. Na die 20 ste week, die derde fase, moet haar eie lewe in gevaar wees, of sinvolle toekomstige lewe vir die fetus bedreig word.

Samevatting:

Wêreldwyd is daar jaarliks 210 miljoen swangerskappe en ongeveer 38% van van die vroue is glad nie geneë dat hulle swanger is nie. 20% van alle vroue wêreldwyd beëndig hul swangerskappe waarvan sowat die helfde van die beëndiging nie wettige aborsies is nie. Aborsies wat nie wettig is nie word ooreenkomstig landswette verbied. Slegs wanneer ʼn verwagte vrou se lewe op die spel is, of haar gesondheid word met die swangerskap ernstig bedreig, mag wettige aborsies uitgevoer word. Slegs 4% van alle vroue leef in lande waar dit wettig is om aborsies uit te voer, volgens haar gesondheid en 20% van alle vroue leef weer in lande waar hulle wel mag aanvra vir aborsies om sosio-ekonomiese redes, met ander woorde hulle dink hulle kan die verwagte kind nie bekostig nie. 41% van alle swanger vroue ter wêreld het geen probleem met aborsies in hul land nie. Wêreldwyd is dit wettig om aan te vra vir aborsies sonder enige rede of dat die vrou redes hoef te verskaf, maar in sommige lande wel op voorwaardes, en dit is dat aborsies in die eerste (gewoonlik ses) maande van die swangerskap beïndig word.

In ʼn berig in die Beeld van Dinsdag 10 Januarie 2006, bls 9 word beweer dat tot 10 miljoen vroulike fetusse alleen in Indië gearborteer is die afgelope 2 dekades. 6 Miljoen mense is ondersoek deur ʼn span wetenskaplikes in Indië en daar is bevind dat daar omtrent ʼn half miljoen minder meisies gebore is in 1997 in die land. In ʼn artikel in “The Lancet” word beweer dat selektiewe aborsies die mees waarskynlike verduideliking in die geslagsverhouding is. Dr Pabhat Jha van die Universiteit in Toronto in Kanada sê dat hulle konserwatief bepaal het dat prenatale geslagsbepaling deur sonars en selektiewe aborsie jaarliks verandwoordelik mis vir die halfmiljoen vermiste meisies.

Die keuse op die beeindiging van swangerskap, Wet 92 van 1996 was op 1 Februaie 2007 effektief 10 jaar in praktyk. In teenstelling met 1997 se 26 455 wettige aborsies, is daar volgens die regering se amptelike statestiek 85 621 aborsies in 2005 (jongste syfers wat beskikbaar is) aangemeld. Die getal aborsies wat in die afgelope 10 jaar uitgevoer is, is 526 123, dus net oor die halfmiljoen. Sou ʼn mens die statestiek van ewende geboortes vergelyk 916 010 in 1997 teenoor 848 043 in 2005 – is daar slegs ʼn geringe daling. Indien geboortesyfers nie dramaties afgeneem het in die 10 jaar nie (trouens daar is reeds 892 850 in 1991 gerapporteer) kan dit ʼn aanduiding wees van hoe groot onwettige aborsies wat voor 1997 gedoen is. Daar word beweer dat in die VSA alleen al ongeveer 38 miljoen babas geabborteer is, gemiddeld 1,5 miljoen jaarliks. Die Kingston Woman Centre bereken dat wêreldwyd jaarliks ongeveer 50 miljoen aborsies gedoen word waarvan een derde onwettig is. Hierdie statestieke kom van Stephanie Touwnsend, gevalle-studieskrywer vir Wits se sakeskool wat geneem is uit Beeld, Saterdag 24 Februarie 2007.

Om ongebore babas te aborteer is ʼn groot risiko en selfs die moeder se lewe kan in gevaar weer indien iets skeef loop. Aborsieskuld, pyn en trauma na ʼn aborsie, ook genoem post-aborsie sindroom kom in die meeste gevalle voor wanneer reeds beplan word met aborsie of vrugafdrywing. Rousmart, losmaking, depressie, emosionele afsydigheid en innerelike sielkundige pyn kom by vroue voor asook by die meeste manlike maats. Aborsie se nadraai laat persone nie net skuldig of hartseer ervaar of vrae laat ontstaan nie, dit het morele implikasie tot gevolg oor hul dade. Sielkundiges en Christenberaders het navorsing daaroor gedoen en sê dat dit baie verder strek as net hul dade. Dit post-aborsietrauma behels ʼn smartlike rouproses, selfvernietigende dade, gebroke verhoudings, seksuele disfunksie, ʼn lae en swak selfbeeld, ʼn toename in selfmishandeling, kindermishandeling, selfmoord, alkoholisme asook dwelm betrokkenheid. God se geroep is vir die meeste ʼn vrees en dat God hulle ook nooit sal vergewe vir hierdie “moord” nie.

Voorbehoedmiddels is die beste voorkoming , maar dit moet voor die bevrugting plaasvind want na bevrugting is voorbehoedmiddels gelykstaande aan aborsie.

Oorsake vir aborsies:

Statesiekgewys het 3% van alle aborsies te doen omdat die fetus vermoedelik gestremd is op een of ander wyse. 3% van alle vroue beweer dat die swangerskap hul gesondheid aangetas het of hul gesonheid was nie na wense nie. Nog 3% het aborsies gedoen omdat groepsdruk die oorsaak was. 1% van alle aborsies is gedoen omdat verkragting of bloedskande gepleeg was. 1% van die vroue het om algemene redes, soos eensaamheid, nie-aanvaarding, kortsigtigheid, jonkheid, onbeplande en sielkundige redes, aborsies ondergaan. Altesaam 93% van alle aborsies wat aangemeld was, was deur sosiale faktore beïnvloed. In slegs 7% van die aborsie gevalle was die moeder se gesondheid bedreig, het bloedskande of verkragting plaasgevind of was die ongebore baba gestremd.

  1. Fetale dood van fetus of siekte:
    Die dood van die fetus kan te wyte wees aan asfiksie (suurstofgebrek in die fetus se bloedsomloop weens die belemmering van siektes soos nierontsteking, nierstuipe, hoë bloeddruk, plasentale abnormaliteite soos wanvoeding, gewasse, vroeë loslating, sifilus, suikersiekte ondervoeding, tekort aan skildklierhormone en gifstowwe wat in die plasenta ingedring het.) misvorming weens foutiewe konsepsie (bevrugting), genetiese redes (die vereniging van abnormale selle) deffektiewe (gebrekkige) inplanting van die vrug ; ʼn siekte van die moeder soos virusse Bv. Duitse masels, sekere farmakologiese middels wat sy ingeneem het asook die oormatige behandeling met x-strale. Harde hou op die verwagtende vrou se buik
  2. Onvermoë van die uterus om die fetus end uit te onderhou:
    Hormoontekort, toediening van “vroulike” hormone soos estrogeen en progesteroon tydens swangerskap (die hormoon word toegedien waar die vrou herhaldelik miskrame gehad het) ʼn Uterus wat wangevorm is.
  3. Vroegtydige (premature) skeur van die vliese (vlieswandige amnion- of vrugsak waarin die fetus lê):
    Hierdie aborsie kan tussen die 18 de week en die 26 ste week van swangerskap plaasvind. Vrugwater (amnion) kan uitlek. Uitbulting en skeur van vliese, slap en inkompetente serviks, Retroversie (agteroorbuiging van die uterus), Buikoperasie vroeg in swangerskap, Tydelike hormoonversteuring, Oorbestraling deur kern of x-strale, Skok deur elektrisiteit of selfs weerlig, Oormatige gebruik van alkohol deur moeder, Seks wat oorvermoeidheid veroorsaak, Reis – ook oorvermoeid, Uitwendige kneusing van die uterus, tandheelkundige behandeling, Voorbehoedmiddels soos apperate vroeg in swangerskap, RH-negatiewe bloed groep, skok, angs en droefheid, inwendige mediese ondersoek, bad, swem of ander sportoefening.

Soorte aborsies:

  1. Dreigende aborsie:Hoofsimtome is ʼn bloederige afskeiding of helder bloed uit die vagina. Effense kramppyne in die vrou se onderbuik of laag in haar rug. Die pyne kan ondervind word sonder dat die serviks oopgaan wat aan geringe loslating van die vliese of plasenta te wyte is. Diagnose sluit ʼn ektopiese swangerskap in en swangerskap toetse asook ultraklankondersoek bevestig die diagnose en voorspel prognose
  2. Onvermydelike aborsie:
    Hierdie volg as ʼn dreigende aborsie nie opklaar nie en die vrou ondervind erger pyn en bloeding. Indien die vlies skeur en die vrugwater loop uit, word die uitwerping van die vrug onvermydelik. Indien dit gebeur moet die hu
    isarts dadelik in kennis gestel word, aangesien gevaarlike bloeding kan intree indien churugiese evakuasie (lediging, uitsuig en skraap) van die uterus nie gedoen word nie.
  3. Onvolledige aborsie:ʼn Gedeelte van die vrug, gewoonlik die vetus, word uitgestoot. Hierdie gaan gepaart met kwaai pyn asook ʼn mindere of meerdere mate van bloeding. Plasenta en vliese kan agtergeblewe dele hê wat kan lei tot ʼn hewige bloeding en infeksie. Die huisarts moet onmiddelik in kennis gestel word sodra ʼn aborsie plaasgevind het, aangesien ʼn evakuasie van die uterus nodig is.
  4. Teruggehoue aborsie:
    Hierdie aborsie gebeur indien die fetus sterf, maar nie deur die vrou uitgewerp word nie.
    Indien mediese toetse aandui dat die fetus dood is, is ʼn evakuasie nodig van die uterus.
  5. Septiese aborsie:Hierdie soort aborsie word gekompliseer deur infeksie en die oorsaak is dikwels vrugafdrywing. Dit kan lewensgevaarlik wees en vereis gespesialiseerde of kundige behandeling dringend.
  6. Herhaalde (Habituele) aborsie:
    Dit is die verskyning wanneer die vrou drie of meer aborsies agtereenvolgens gehad het. Slegs 3,6% tot ongeveer 9,8% van alle aborsies is habitueel. Behandeling verg spesiale kennis en ʼn omvattende bekkenondersoek, bloedondersoeke, hormoonbepalings, waarneming van die uterus en buise met betrekking van x-strale of endoskopie asook ʼn ontleding van die endometruim. Die vrou se gesondheid moet noukeurig waargeneem word en die verloop van haar swangerskap is ook nodig tydens volgene swangerskappe.

Metodes – antiek:

In die oudste mediese dokument wat nog tot die mensdom se beskikking is word tegnieke vir aborsies breedvoerig bespreek. Die antieke Chinese, Egiptenare, Grieke en Romeine het almal hul eiesoortige metodes en “resepte” gehad om aborsie teweeg te bring – soms selfs met gebruik van giftige mengsels. Aborsie is volgens die boek “Abortion in History” slegs as ʼn misdaad gereken indien die vader van die fetus beswaar gemaak het die grootste rede was- omdat hy ʼn erfgenaam wou gehad het. Nog ʼn metode wat in die antieke tyd gebruik was, was strawwe oefening wat nogal deur Hippokrates voorgestel was al het hy aborsie teengestaan op grond van gesondheidsgevare. Daar is ook opgeteken dat primitiewe stamme aborsies teweeg gebring het deur skerp stokke te gebruik of deur drukking uit te oefen, selfs harde vuishoue op die vrou se buik todat daar bloeding was.

In Indonesië en ook Tailand word die vrou se buik intensief gemasseer terwyl in die Latyns-Amerika lande vrouens aborsies teweeg bring met enigiets soos breinaalde, kateters tot sekere kruietee en ander onbekende doepas. In sekere Afrika lande plaas tradisionele genesers soms sekere plantwortels of takkies in die serviks om sametrekking van die baarmoeder te bewerkstellig.

Tipe moderne aborsies en metodes:

Twee tipes aborsies is bekend naamlik die natuurlike tipe en die induksie aborsie.

Die natuurlike beëndiging: Die mediese wetenskap kan nie altyd die redes naspeur nie, daar is sommige vroue wat op ʼn natuurlike wyse haar swangerskap kan beëndig. Die moontlikheid bestaan hiervoor dat dit die natuur se manier is om geboortedefekte of ander voorgeboortelike komplikasies te neutraliseer.

Die induksie aborsie: Induksie tipe aborsie word gedoen gewoonlik deur ʼn bevoegde dokter met medikasies, chemicalie en uitsuigapperate .

Metodes – modern:

ʼn Ginekoloog Ludwig van Zyl sê in Maretha Maartens se boek Deur Trauma (Boek 1) dat die algemenste metodes wat vandag gevolg word is die volgende:

Mediese terminasie:

Hier word van medikasie gebruik gemaak om die serviks (mond van die baarmoeder) te versag, loslating van die swangerskap van die baarmoederwand te bevorder en sametrekking van die uterus (baarmoeder) te veroorsaak, wat tot die swanger-skapsprodukte uitdryf. Hierdie metode kan slegs gevolg word indien die pasiënt vooraf deur ʼn professionele praktisyn geëvalueer word en agterna gesien word ingeval enige komplikasies voorkom. Die voordeel van hierdie manier is dat hospitalisering en chirugiese ingrepe in die teater vermy word. Die risiko bestaan egter dat die miskraam nie volledig is nie en produkte teruggehou word, wat tot oormatige bloeding en infeksie kan lei en uiteindelik chirugiese behandeling noodsaak. Aangesien die vrou nie tot ʼn hospitaal toegelaat mag word nie, word sy tuis gekonfronteer met die bloeding wat met miskraam geassosieer word. Die meerderheid pasiënte in hierdie emosionele omstandighede voel nie daarvoor opgewasse nie.

Chirugiese terminasie:

Chirugiese tegnieke, byvoorbeeld skraping van die uterus of suiging met ʼn spesiale suigkateter, word gebruik om die uterus te ledig. Verdowing tydens die prosedure wissel na gelang van die instansie waar dit gedoen word. Dit behels gewoonlik sedasie met ʼn susmiddel wat ingespuit word of algehele narkose.

Dr. Van Zyl se aanbeveling is dat chirugiese terminasie onder algemene narkose gedoen word, indien moontlik deur ʼn ginekoloog en in ʼn hospitaal waarin die pasiënt volgens ʼn multi-dissiplinêre benadeling versorg kan word. Indien die serviks voorberei word met medikasie wat tot versagting lei (gewoonlik met ʼn klein tablet wat vooraf in die vagina geplaas word), word die prosedure baie vergemaklik en is die voorkoms van onmiddelike en langtermynkomplikasies hoogs onwaarskynlik.

Die swangerskapsprodukte word uit die uterus verwyder met ʼn suigkateter of deur ʼn skraping van die holte van die uterus met behulp van spesiale instumente.

Die tydsduur in teater is baie kort en die pasiënt word feitlik sonder uitsondering dieselfde dag ontslaan. Pasiënte beskryf postoperatiewe pyn nooit as ondraaglik nie en dit word gewoonlik maklik gekontroleer met die pynmiddels tot ons beskikking. Meestal kom ʼn bloediger afskeiding wat soortgelyk is aan die ligter dae van menstruasie vir ʼn paar dae tot ʼn week lank voor. In ongekompliseerde gevalle hou bloeding hierna op en kom eers weer vier tot ses weke na die prosedure met die volgende menstruele siklus voor.

Indien die terminasie korrek gehanteer word en geen komplikasie intree nie, kan die pasiënt later in die reël suksesvolle swangerskappe hê.

Om swangerskap tydens vroeë staduim te beëndig: Die intra-uterien-apperaat (IUA) Die vrou dra hierdie apperaat in haar vir die voorkoming dat die bevrugte eiersel aan die uteruswand vasheg. Die vrou skei dan die bevrugte eiersel uit wanneer sy menstrueer. Die sogenaamde oggendpil doen dieselfde werk.

Om swangerskap voor sewe weke na laaste menstruasie te beëndig; Die suier-evakuasie word gedoen. ʼn Pyp met ʼn suierkop word deur die serviks in die uterus gesteek om die fetus uit te suig.

Om swangerskap te beëndig tussen sewe weke en twaalf weke: Aborsie word dan gedoen deur middel van ʼn skaping. Die serviks word gerek om die skraping en uitsuiging van die uterusvoering moontlik te maak.

Om swangerskap te beëndig tussen twaalf weke en sestien weke: Weinige veilige metodes is beskikbaar. Die bekendste metode vir hierdie tyd is die herhaaldelike vaginale en binnespier toediening met prostaglandienes wat die fetus uitdryf binne 10 tot 15 minute.

Om swangerskap te beëndig tussen 16 weke en 24 weke: Hier word ʼn soutoplossing toegedien omdat daar voldoende vrugwater beskikbaar is. Vrugwater word met ʼn spuitnaald ontrek en soutoplossing word in die oorblywende vrugwater ingespuit. Na ongeveer 18-20 ure vind normale geboorte plaas.

Om swangerskap te beëndig tussen 24 weke en verder: In hierdie tydperk word die fetus meestal chirugies verwyder deur ʼn keisersnee of historektomie. Hierdie is die hoogste risiko tydperk en fisologiese en psigologiese komplikasies is byna altyd ʼn moontlikheid. Selfs die mediese personeel is uiters stresvol want lewende babatjies wat veg om lewe word soms uitgehaal net om doodgemaak te word. ʼn Ander manier om die swangerskap te beëndig is om die ongeborene se brein uit te suig met ʼn sterk apperaat voordat hulle heeltemaal uit die geboortekanaal is.

Gesondheidsgevaar:

Gedurende die tweede helfde van die 20 ste eeu het die wêreld begin kennis neem van die gesondheidsgevaar van die toenemende onwettige aborsies maar die eerste deurbraak het eers in 1973 gekom met die Roe teen Wade –hofsaak in Amerika. Jane Roe was destyds ongetroud wat besluit het om haar swangeskap op ʼn veilige wyse te beëndig. Die Amerikaanse hooggeregshof het bevind dat ʼn vrou se besluit of sy swanger wil wees of nie, is haar konstusionele reg. Dit was die begin van wettige aborsies en die Amerikaanse staat het egter bepaal dat aborsie voor die tweede trimester moet plaasvind anders sal die staat betrek word.

In Europa was Denemarke weer die eerste land wat voorbehoedmiddels gratis versprei het om aborsies te beperk. Maar in Bulgarye was aborsies goedkoper as voorbehoed-middels en derhalwe was aborsies die hoogste in Europa tot die jaar 1995. In Sept 1988 het Frankryk die eerste Westerse land geword wat die verkoop van die aborsiepil RU 486 gewettig het. Aborsies het in Wes-Europa oral byval gevind behalwe in Ierland en Malta.

Duisende vroue sterf jaarliks weens onwettige aborsies en diegene wat wel oorleef, sukkel lewenslank met gesondheidsgevaar soos herhaalde infeksie en nierversaking.

Moontlike komplikasies:

ʼn Ginekoloog Ludwig van Zyl sê in Maretha Maartens se boek Deur Trauma (Boek 1) dat komplikasies in twee dele ingedeel word. Onmiddelike komplikasies en latere komplikasies.

Onmiddelike komplikasies:

- Oormatige bloeding tydens die prosedure kom veral in meer gevorderde swangerskappe voor. Performasie van die uterus kom voor wanneer instrumente wat van skraping tydens die prosedure gebruik word, deur die wand van die baarmoeder dring. Dit kan tot bloeding, infeksie en beserings van ander bekkenorgane soos die blaas of dermkanaal lei.

- Onvolledige skraping kom voor wanneer swangerskapsprodukte nie volledig tydens die prosedure verwyder word nie. Dit lei weer tot abnormale bloeding en infeksie in die uterus.

Latere komplikasies:

- Sekondêre bloeding kom voor as gevolg van teruggehoue of agtergeblewe swangerskapsprodukte.

- Die bogemiddelde situasie kan lei tot infeksie van die uterus.

- Indien die beskadiging van bekkenorgane of derms nie dadelik gediagnoseer word nie, lei dit gewoonlik tot uitgebreide septiese ontsteking in die buikholte en is oopbuik- chirugie nodig om die skade te herstel.

- Infertilitreit: Die kans op verdere swangerskappe word skraler indien die uteruswand, buise van Fallopius of serviks tydens die prosedure beskadig word. Infeksie in die uterus of buise beïnvloed die kans op konsepsie en verdere swangerskappe is uiteraard ook negatief.

Verskillende standpunte oor aborsie:

Adrio König sê in sy boek Wat is reg? Weet iemand dalk? dat die drie bekendste oor aborsie as sodanig is:

- Die pro-lewe-standpunt: Hierdie groep mense aanvaar geen rede vir aborsie nie. Hulle is oortuig dat aborsie ontoelaatbaar is en volkome vebied moet word.

- Die pro-keuse-siening: Hulle aanvaar wetgewing waarvolgens aborsie op aanvraag beëndig kan word. Hierdie groep sê dat die keuse altyd by die vrou lê, maar sê ook dat die vader geen keuse het om die swangerskap te beëndig nie.

- Die beperkte-aborsie of aborsie-ondrer-sekere-omstandighede standpunt: Hulle glo dat aborsie slegs in seker buitengewone situasies toegelaat mag word. Die huidige wetgewing het dit as uitgangspunt geneem.

Daar is natuurlik drie variasies binne elke standpunt:

Binne die pro-keuse-groep sal almal nie saamstem dat die vrou tot op die einde van die swangerskap alleen mag besluit nie. Sommige sal voel dat die fetus gedurende die laaste aantal weke al te ver ontwikkel is om sonder meer geaborteer te word. Verder sal hulle ook verskil oor die prosedures wat gevolg moet word. Baie mense uit die groep stel voor dat gesprekke met die swanger vrou gevoer moet word voor sy ʼn aborsie mag kry.

Persone wat pro-lewe kies, sal ook nie almal saamstem nie. Sommige sal sonder meer alle aborsie afkeur as moord, terwyl ander wel aborse in uitsonderlike gevalle sal toelaat, soos by verkragting of bloedskande.

Die beperkte-aborsie-standpunt laat heelwat ruimte vir presies watter omstandighede die reg tot aborsie behoort te bied.

Knelpunte:

Volgens ʼn studie oor “Abortion around the world: South Africa” was slegs 3 uit 300 swart verpleegsters bereid om betrokke te raak met aborsies by die Empageni hospitaal in Kwazulu-Natal. Sedert aborsie in Suid Afrika gewettig is in die jaar 1990, is gevind dat maar min swart mediese personeel gewillig betrokke raak daarmee. Maar diegene wat wel help word geweldig geviktimiseer in hul gemeenskappe en dit is die grootste knelpunt.

Die oplossing:

Adrio König sê in sy boek Wat is reg? Weet iemand dalk? dat die werklike oplossing vir die probleem is deeglike opvoeding en onderrig tot verandwoordelike seks en swangerskap. Die kerke, die staat en die openbare sektor moet omvattende planne loods om mense voor te berei en ook om vermoënde ouers te ooreed om behoeftige kinders aan te neem. Volgens König sal dit die ruimte skep dat veel meer vroue wat onder moeilike omstandighede verwag, met die swangerskap sal kan voortgaan.

Hulp:

Dr. Van Zyl sê dat die emosionele nasorg van enige persoon wat aan hierdie uiters traumatiese ondervinding onderwerp is, is van kardinale belang. Veral toestande soos angs, depressie en Post Traumatiese Stresversteurings kom algemeen voor en behoort vroegtydig gediagnoseer en behandel te word.

Jalize Uys, ʼn teoloog, sê dat God het jou ook nie verwerp nie! God het nie verander nie. God is goed. Hy het jou lief. Hy is die God van genade en tweede kanse. Die trauma van jou lewe het nie van Hom af gekom nie. Dis moontlik dat jy God tans verkeerd beskou en verkeerd verstaan. God gaan jou help om Hom weer te leer ken! As jy jou na Hom wend en jou van Sy hulp ontvanklik maak, sal jy ontdek dat Hy nog heeltyd daar was en dat Hy jou sonder oordeel of straf terugneem. God gaan jou help om die pad van vergifnis te stap. Dit is ʼn moeilike pad, want dis ʼn proses waarin jy vergifnis skenk in gehoorsaam-heid aan God – ten spyte daarvan dat jy dit nie voel nie. Vergifnis gaan jou vrymaak van die bitterheid, woede en pyn. God gaan ook die trauma van jou lewe neem en ten goede laat uitwerk! Jy gaan ongelooflike dinge leer, mense se lewens gaan ten goede geraak word, kragtige getuienisse gaan hieruit voortspruit en jy gaan meer geloofsvolwasse word.

Skrifgedeeltes vir ʼn getraumatieseerde persoon

(Jes 43:1-3) – God laat nie die slegte dinge gebeur nie (waters en vuur), maar God is saam met ons as ons dit deurmaak.
(Ps 23) – God gee vrede en nuwe krag. Selfs al gaan jy deur donker dieptes, sal God by jou wees.(Jer 17:14) – Jy moet dié teks glo. {met die geloof wat in (Hebr 11:1)} uitgespreek word.
(Rom 8:28) – Moenie maande lank “Waarom?” vra nie. Probeer ná ʼn rukkie “Waartoe?” vra.
God laat trauma goed uitwerk.
(Rom 8:37-38) en (Fil 4:13) – Saam met God oorwin ons, al is trauma pynlik. Ons kan weer heel word!

Aborsie – Waar staan dit?

Teen die wil van God: (Gen 1:27-28) (Eks 20:13) (Ps 39:5) (Ps 139:13,16) (Jes 49:16) (Jer 1:5) (Jes 44:24) (Matt 19:14)
Toevallige aborsie (Eks 21:22-25)
Aborsie verlang (Job 3:11-16)

Baarmoeder tot graf” (Job 10:19)
Verskriklik wonderlik gemaak (Ps 139:13-14)
Fetusontwikkeling (Pred 11:5)
Fetus in Gods sorg (Jes 44:2)
Begeer aborsie (Jer 20:17)
Ontydige geestelike geboorte (1 Kor 15:7)

Oor die fetus:

Die wet oor miskraam as gevolg van ʼn ongeluk (Eks 21:22)
Reageer op ʼn stem (Luk 1:44)

God se verhouding met die ongebore kind:

God skep die ongebore kind (Ps 139:13-15) (Jes 44:2,24)
God beplan ʼn kind se lewe (Ps 139:16) (Jes 49:1) (Jer 1:5) (Gen 18:10,14) (Gal 1:15)

Nog teksverwysings: (Eks 21:22-25) (Eks 22:16-17) (Num 35:33-34) (Deut 22:14-30) (2 Sam 11:2-5,13-23,25-27) (2 Sam 13) (Pred 11:5)

Geskryf deur Kallie Schwindt

Comments are closed.